Het Vlock Casteel Riebeek Olive Festival

SATERDAG & SONDAG

Het Vlock Casteel

Saterdag: 09h30-17h00  |  Sondag: 09h30-16h00  |  Gratis aan kaartjiehouers | Bespreking nodig: Nee

Begin jou dag met ‘n heerlike koppie koffie van ons Vallei se eie Barista
en Roaster (Beans about Coffee).
Olyffees met 'n UITSIG!!!
Geniet 'n heerlike Olyffees op die plaas Môrester by ons eie Kasteel.
Ervaar die uitgestrekte wingerde, koringlande en berge in die verte vanaf ons dek
met 'n wyntjie of 'n bier in die hand en 'live' agtergrond musiek.

  • Vat-verouderde Het Vlock Casteel rooiwyne te koop per glas / per bottel.
  • Geen wynproeë gaan plaasvind nie.  
  • Heerlike yskoue Chenin Blanc Slush Puppy – kom probeer dit gerus!
  • 'n 'One-Stop-Olive-Shop' met meer as 50 verskillende olyfprodukte en oor die 200 ander produkte om van te kies.
  • Daar sal vir beide – oud & jonk – iets soets of souts te koop wees om aan te peusel.
  • Ontspan met 'n glasie Pieter Cruythoff Vonkelwyn & vars oesters of Mossels in die hand.
    In ons saal is daar ‘n verskeidenheid stalletjies om van te kies en te keur - iets om huistoe te neem of self hier te geniet.
  • Daar is 3 unieke eetareas:
    • In die venue van die Kasteel met ligte agtergrond musiek.
    • Op die dek met 'n panoramiese uitsig …. Boonop met 'n kunstenaar wat optree as 'n bonus!
    • Vir die waaghalsiges – tafels en bankies in die skadu van wingerdstokke met jou voete plat op die aarde.

Geniet die Platteland agter op ‘n trekkerwa tussen venues @ R5 koepon per persoon.

Meer inligting:

022 448 1433

Aanwysings

Kom parkeer by 'n sentrale parkeerarea in die dorp & spring agterop 'n trekkerwa teen R5 'n rit; van een venue na die volgende.

Het Vlock Casteel is 'n Boetiek wynwinkel met slegs 'n beperkte hoeveelheid wyne.

Vat-verouderde Veritas- & Michelangelo- toekennings wyne te koop per glas of per bottel.

Geniet 'n glasie Pieter Cruythoff Vonkelwyn van die Vallei met ekstra vars oesters uit die koue water van die Weskus.

General Enquiries:   Yvette Puchert   083 4412083   •   riebeekvalleyolivefestival@gmail.com